Home  
  About Us  
  Contact Us  
  Legislation  
  Permit Applications  
  National Inventory  
  Searchable Databases  
  Heritage Management  
  Projects and News  
  Publications  
  Media Releases  
  Information Systems  
  What You Never Knew  
  Disclaimer  


NOTICE

OORPLASING VAN MENSLIKE OORBLYFSELS VAN PRESTWICHSTRAAT, GROENPUNT NA WOODSTOCK HOSPITAAL

-Xhosa- -English-


In Mei 2003 was menslike geraamte oorblyfsels te Prestwichstraat gedurende uitgrawings in voorbereiding van ‘n ontwikkeling gevind.

Hierdie oorblyfsels word huidiglik by ‘n pakhuis nl. Napier Huis aangrensend die terrein waar die oorblyfsels gevind is, gestoor. Die pakhuis is ‘n ongebruikte gebou wat herstelwerk benodig en word daarom as onvanpas geag vir die stoor van menslike oorblyfsels.

‘n Meer gepaste stoorplek word benodig terwyl daar besluit word oor die finale rusplek vir hierdie menslike oorskotte. Die Woodstock hospitaal geleë in Woodstock, Kaapstad, se vorige lykhuis is verkry as tydelike akkommodasie vir die stoor van hierdie oorskotte aangesien dit as meer waardig en geskik beskou word.

‘n Kort seremonie word beplan vir die oorplasing van die menslike oorblyfsels vanaf Napier Huis na Woodstock hospitaal se lykhuis.

Oorblyfsels van die stad se voorvaders wat behoort aan vermeende vertrapte en verdrukte persone, slawe, Khoi-san en die werkersklas van die moederstad, wat in die algemeen die armes van daardie tydperk uitmaak, gaan deur die stad ‘n stoet vorm omdat hulle nooit vantevore in lewe of dood die respek van ‘n waardige lewe toegestaan is nie.

  • Die stoet sal beweeg vanaf Prestwich na Woodstock op Woensdag 21 April 2004 om 12:00 tot 14:00

    Die aangeleentheid word deur die agbare Burgemeesteres, geköordineer en ondersteun deur die Suid Afrikaanse Erfenis Hulpbronagentskap (SAEHA) tesame met die Prestwich Plek Projek Komitee (PPPk).

    ‘n Pleidooi word aan u, die mense van Suid Afrika gerig om van hierdie geleentheid gebruik te maak om die dood en gebrek aan erkenning van ons voorvaders se bestaan, te betreur. Hierdie geleentheid dien ook as ‘n herdenking en om erkenning te verleen aan hul bestaan - ‘n deel van ons en ons nageslagte se erfenis.

    Uitgereik deur: Die Burgemeesteres van Kaapstad –