Home  
  About Us  
  Contact Us  
  Legislation  
  Permit Applications  
  National Inventory  
  Searchable Databases  
  Heritage Management  
  Projects and News  
  Publications  
  Media Releases  
  Information Systems  
  What You Never Knew  
  Disclaimer  


MEDIA RELEASE

GRAFTE BY PRESTWICH-TERREIN, GROENPUNT, KAAPSTAD

-Xhosa- -English-


Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap doen ’n beroep op die publiek om op ’n openbare vergadering die toekoms van die onlangs ontdekte grafte in Groenpunt te bespreek. Die vergadering wat deel uitmaak van ‘n konsultasie proses word vind plaasop Vrydag 29 August 2003 om 16:00 by die St Andrews Presbiteriaanse Kerk, Somersetweg, Groenpunt.

Argiefstukke en argeologiese navorsing dui daarop dat die grafte wat per abuis gevind is gedurende die ontwikkeling van die terrein uit die 18de eeu dateer Aangesien dit buite die formele begraafplaas van destyds gevind is blyk dit dat dit nie deel gevorm het van persone wat met die Nederduits Gereformeerde gemeente geassosieer kon word nie of die van ’n militere instelling. Dit is moontlik dat hulle destyds met die armklas geassosieer was en die oorblyfsels is van persone met verskillende kulturele gelowe, insluitende slawe.

Weens herhaardelike konstruksie en ontwikkeling vanaf 1830 is die grafte erg versteur. Die lukrake begrawings dui daarop dat die grafte moontlik die van persone is wat gesterf het weens die kleinpokke-epidemie wat die Kaap in die 18de eeu erg getref het.

Dit is duidelik dat ander grafte onder die huidige geboue en paaie in laer Somersetweg, Groenpunt is en dat daar ‘n behoefte is om die aangeleentheid te bespreek vir soortgelyke toekomstige uitgrawings.

Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap glo vas dat die oorblyfsels met deernis en waardigheid gehanteer word en nooi die publiek uit om insae te lewer na aanleiding van die voorgenoemde beginsels.

U kommentaar en voorstelle moet asseblief fokus op die beste wyse om deernis en waardigheid te betuig vir die oorledenes asook vir ons as ‘n Afrika nasie.

U is welkom om u voorstelle en kommentaar per e-pos aan die Hoof Uitvoerendebeampte van SAHRA te stuur na info@sahra.org.za by 12:00 Vrydag 29 Augustus 2003.

Datum:Kontak: Telefoon : Faks: E-pos:
Van: Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap
26 Augustus 2003
Mev P Madiba
Hoof Uitvoerendebeampte
Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap
Harringtonstraat 111
Kaapstad
021 4624502
021 4624509
info@sahra.org.za